Rusland wys ‘dooie’ bevelvoerder na Kiëf-aanval

Rusland se ministerie van Verdediging het ‘n video vrygestel waarop die land se Swartsee-vlootbevelvoerder, Viktor Sokolov aan ‘n vergadering deelneem, ten spyte van bewerings dat hy deur Oekraïne vermoor is. Die ministerie sê die vergadering met senior amptenare het gister plaasgevind. Oekraïne se spesiale operasionele magte het Maandag beweer Sokolov en 33 ander offisiere is Vrydag dood in ‘n aanval op Sevastopol se militêre hoofkwartier. Kiëf het na die vrystelling van die video gesê hy wil die inligting wat oor Sokolov ontvang is, verduidelik.