Landbou-uitvoere daal

Inkomste van landbou-uitvoere het met 7,8 persent in die eerste kwartaal van 2021 gedaal vergeleke met dieselfde periode verlede jaar, terwyl invoere met 1,3 persent gedaal het. Die handelstekort in die sektor vir die eerste kwartaal staan op 231,6 miljoen dollar teenoor 197,2 dollar in 2020. Die verswakking van die handelsbalans kan aan ‘n daling van 68,7 persent in die uitvoerwaarde van bosbouprodukte toegeskryf word. Lewendehawe op die hoef was die grootste landbou uitvoerproduk met ‘n waarde van 266,1 miljoen dollar maar verteenwoordig steeds ‘n inkrimping van amper 28 persent op ‘n jaargrondslag.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *