Beroep op Wes-Kaapse regering om ramptoestand te verklaar
Die pasgestigte politieke party, Alliance of Citizens for Change, doen ʼn beroep op die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, om ʼn provinsiale ramptoestand af te kondig. Dit sal noodsaaklike fondse beskikbaar stel om duisende vloedslagoffers in die provinsie te help. Dit volg nadat swaar reën en stormsterk wind die naweek ernstige oorstromings en wydverspreide skade in die provinsie veroorsaak het. ACC se president, Masizole Mnqasela, sê die erns van die situasie vereis dringende ingryping: