Nog oorlogsdade in die Oekraïne bevind

Die jongste verslag van die Verenigde Nasies se Onafhanklike Internasionale Ondersoekkommissie oor Oekraïne het nuwe bewyse van oorlogsmisdade deur Russiese soldate in Kiëf onthul. Die kommissie het aanvalle met ploftoestelle op woon- en mediese geboue aangeteken, asook voorvalle van marteling, en seksuele en geslagsgeweld. Die kommissie se voorsitter, Erik Møse, sê sy ondersoeke in Kherson en Zaporizhzhia dui op wydverspreide en stelselmatige gebruik van marteling deur Rusland se gewapende magte teen mense wat beskuldig word dat hulle informante van die Oekraïnse weermag is: