Landbou-amptenare klop aan by Indië oor mahangu-produksie
Amptenare van die landbou-ministerie het onlangs op ‘n leerreis na Indië vertrek, gemik op die verbetering van mahangu saad om voedselsekerheid in die land ‘n hupstoot te gee. Dit was te midde van kommer deur kenners dat die mahangu-oes vanjaar nie groot genoeg sal wees nie. Die ministerie se woordvoerder, Jona Musheko, sê Namibië is reeds besig om sy eie saad te produseer, maar daar is vele ander aspekte van mahangu-produksie waarna die amptenare kyk.