Geen fosfaatontginning nie – kry eers sertifikaat

Regter Harold Geier het pas beslis dat Namibia Marine Phosphate het nie die korrekte prosedure gevolg om ‘n omgewing klaringsertifikaat te bekom nie en dus, kan nie sy gelyste aktiwiteite toepas tot hy ‘n geldige klaringsertifikaat bekom het. Die saak is reeds in 2016 deur die Konfederasie van Namibiese Visvang Verenigings en ander teen die omgewingskommissaris, die minsiters van omgewing, visserye en myne en energie, die prokureur-generaal en Namibia Marine Phosphate gebring. Die kern van die saak was die klaringsertifikaat wat die fosfaatmaatskappy bekom het. Geier het ook ‘n koste bevel uitgereik waar kostes deur die aansoekers en die fosfaatmaatskappy gedra sal word.