Saara se kantoor neem ramprisiko onder die loep
Die kantoor van die eerste minister het vandag die byeenkoms vir rampbestuur-stelsels geopen. Hierdie werkswinkel het ten doel om ‘n gemeenskaplike begrip tussen nooddienste en plaaslike owerhede, en die kantoor, te verbeter. Elke jaar word Namibië deur rampspoedige weerstoestande geteister wat baie Namibiërs óf dakloos óf sonder kos laat. George Simataa die voorsitter van die Nasionale Ramprisiko-bestuurskomitee is aan die woord.