Namibië is TotalEnergies se nuwe liefling
Namibië kan die grootste diepsee olie-ontdekking ooit vir TotalEnergies inhou. The Brief berig dat die internasionale navorsingsfirma Kepler Cheuvreux, sê die bron kan moontlik blok 17 in Angola verbysteek. Dit was die laaste ‘goue’ blok van TotalEnergies. Daar word beraam dat twee nuwe blokke in Namibië, waar Shell ook buitelandse olie- en gasontdekkings aangekondig het, vier miljard vate reserwes kan bevat wat die totale bronne in die Venus-gebied tot 12 miljard vate neem, met ‘n potensiële waarde van 4,1 miljard Amerikaanse dollar vir die Franse olie-reus.