Twee Palestyne sterf in Israeli aanval op vlugtelingkamp
Israeliese magte het vroeg Sondag twee Palestyne, insluitend ‘n vegter van die Islamitiese groep Hamas, tydens ‘n klopjag op ‘n vlugtelingkamp in die besette Wesoewer doodgeskiet. Israeliese magte het op die Nur Shams-kamp naby die stad Tulkarm toegeslaan en ‘n skietgeveg het met Palestynse vegters ontstaan, het medikus Najeeb Adeeb gesê. Die Israeliese weermag het gesê dat hulle “anti-terrorisme-aktiwiteite” in die kamp uitgevoer het, ‘n operasionele bevelsentrum afgebreek het en tientalle ploftoestelle en bommaak-komponente gevind het. Die weermag het gesê ‘n Israeliese soldaat is matig gewond.