Elke landsburger moet toerisme help beveilig, sê jagvereniging

Die Namibië Professionele Jagvereniging doen ‘n beroep op elke Namibiër om die beveiliging en sekuriteit van toeriste ‘n prioriteit te maak. Die vereniging lê klem op Namibië se reputasie as ‘n uitstekende toeristebestemming, wat nie kan bekostig om skade te lei nie. Die ekonomiese bydrae van toeriste en ook trofeejagters is aansienlik, en beïnvloed werkskepping en die toestaan van bewaringsfondse. Veral landelike bevolkings trek voordeel hieruit, sê die vereniging, en die onus rus op die hele nasie om hierdie lewenslyn te beskerm en te bevorder.