Politieke moorde in KZN – 21 doodgeskiet
KwaZulu-Natal se LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Bongiwe Sithole-Moloi, sê politieke moorde veroorsaak vrees in rade. Die Mkhambathini-munisipaliteit se ANC-raadslid vir wyk sewe, Mzwandile Shandu, is Woensdag in uMlazi doodgeskiet. Dit volg 30 dae ná ‘n vorige aanval op sy lewe. Dit bring die getal raadslede wat in die provinsie doodgeskiet is op 21 te staan. Sithole-Moloi sê meer moet gedoen word om raadslede te beskerm: