Hoërhof stel uitspraak in Trustco-saak uit
Die Windhoekse hooggeregshof het Donderdag sy uitspraak uitgestel in ‘n saak waarin Trustco Bank die Bank van Namibia se besluit om sy bedrywighede vir ‘n tydperk van ses maande op te skort, betwis. Die uitspraak is deur regter Boas Usiku uitgestel tot 29 September 2023. Trustco Group Holdings het die hooggeregshof genader om ‘n dringende interdik te versoek wat BoN verhinder om ‘n besluit wat hy op 18 Augustus geneem het om Trustco Bank te skors, in werking te stel. Trustco Group Holdings se besturende direkteur, Quinton van Rooyen, wil ‘n dringende interdikbevel hê, hangende die hersieningsaansoek, wat poog om die skorsing tersyde te stel.