Saad-navorsing vat landbou-kundiges na Indië
Beamptes van die landbou-ministerie is vandeesweek deur middel van NAMSIP in Indië op ‘n saadbedryf-leertoer oor mahangu-saadverbetering by die Internasionale Gewasnavorsingsinstituut vir die Semi-Droë Trope. Indië is die wêreld se grootste produsent van mahangu. Die ministerie se woordvoerder, Jona Musheko, het die belangrikheid van die reis met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.