Visserye-statistiek wys groei in tweede kwartaalSeptember 21, 2023

Hoewel die totale vangste van kwota-visspesies in die tweede kwartaal van 2023 met 24,7 persent gedaal het, het die uitvoer van visprodukte 4,1 miljard Namibiese dollar verdien. Dit was ‘n toename in vergelyking met die 3,2 miljard dollar wat gedurende die tweede kwartaal van 2022 aangeteken is. Die Namibiese Statistieke-agentskap het in sy landbou- en akkerbouverslag vir die tweede kwartaal gesê die invoer van visprodukte in die tydperk het 173,3 miljoen Namibiese dollar beloop, wat minder is as in dieselfde kwartaal in 2022. ’n Surplus vir produkte van visse en skaaldiere, weekdiere en ander ongewerwelde waterdiere ten bedrae van 4 miljard Namibiese dollar is gedurende die oorsigtydperk aangeteken. Dit was ook hoër as in 2022.