Hongeres in Oshikoto-streek dalk gou gehelp

Christella Mwenyo, hoofstreeksbeampte van die Oshikoto-streekraad, sê die kantoor van die Eerste Minister gaan binnekort met die droogtehulpprogram vir die 2023/2024-boekjaar begin. Dit kom nadat Protasius Neshuku, raadslid van die Eengodi-kiesafdeling, die regering en lede van die publiek versoek het om kos aan sy kiesafdeling te skenk. Mwenyo sê die streekraad het ‘n baie beperkte begroting op die oomblik om die kiesafdeling by te staan. Sy sê dat soveel as wat daar baie in nood is, sal daar streng kriteria wees vir wie bygestaan moet word en wie nie. Die vergadering vir Oshikoto-streek sal op 29 September gehou word en die raad sal dan die nuwe voorwaardes kry oor hoe die program gaan werk.