Lamola en kie haal die Pistorius-hofdatum vir liassering nie

Berigte uit Suid-Afrika lui dat die minister van justisie, Ronald Lamola, sowel as die hoof van die buurland se korrektiewe diens Makgothi Thobakgale nie die Konstitusionele Hof se sperdatum gehaal het om antwoorde in te dien in die saak waar die moordenaar Oscar Pistorius poog om parool te bekom. Parool is vroeër die jaar geweier, veral omdat Reeva Steenkamp se ouers, June en Barry, wat verlede week oorlede is, dit teengestaan het.