Aminuis-leiers in Rusland om te leer oor in-situ-loging

Uranium One sê dat streeksleiers van Aminuis is op ‘n toer na Dalur JSC, ‘n filiaal van Rosatom, in die Kurgan-streek in suidelike Rusland. Die afvaardiging word ingelig oor die prosesse van in-situ-loging, wat die grootste kommer plaaslik wek vir die uraan-reus se uraanontginning naby Leonardville. Volgens Uranium One se media-skakelbeampte, Riaan van Rooyen, is dit reeds die sewende groep wat die myn besoek in ‘n poging om vrese oor die besoedeling van water te weerlê.