Geen gesondheidsdekking vir meer as 50% van wêreldbevolking

Meer as die helfte van die wêreld se bevolking word steeds nie deur noodsaaklike gesondheidsdienste gedek nie. Dit is volgens die 2023-verslag oor die globale monitering van universele gesondheidsdekking. Die verslag het bevind minder as ‘n derde van lande het die afgelope twee dekades gesondheidsdiensdekking verbeter en katastrofiese mediese besteding uit mense se sakke verminder. Die Wêreldgesondheidsorganisasie se direkteur-generaal, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê sterker politieke wil is nodig, asook meer aggressiewe belegging in gesondheid en ‘n beslissende skuif om gesondheidstelsels wat op basiese gesondheidsorg gebaseer is. te hervorm.