BiBi en Elon gesels oor haatspraak

Die Israeliese premier Benjamin Netanyahu is in New York by die VN se 78ste sessie van die Algemene Vergadering. Hy het van die geleentheid gebruik gemaak om met Elon Musk van X te gesels oor anti-semitiese kommentaar en die beheer daarvan. Musk het ‘n vreemde uitgangspunt oor vryheid van spraak maar poog ook om die haatspraak te beheer. Netanyahu sê hy weet daar is talle uitdagings.