Landbou-ekonome kom byeen in Durban, waar lê Namibië se voordeel?

Die sewende Afrika-konferensie van Landbou-ekonome het in Durban, KwaZulu-Natal afgeskop. Die primêre doel van hierdie vierdaagse konferensie is om die kritieke belangrikheid van die vestiging van dinamiese voedselstelsels uit te lig. Onderwerpe op die agenda sluit besprekings in oor voedselsekerheid, klimaatsverandering, handel, landboubesigheid en landelike ontwikkeling. Dr. Kobus Laubscher, Suid-Afrikaanse ekonoom het met Kosmos 94.1 Nuus gedeel hoe Namibië by hierdie konferensie sal baat.