Naspers se Van Dijk bedank
Naspers en Prosus het Bob van Dijk se bedanking as die uitvoerende hoof en van sy posisies in die raad van beide ondernemings aangekondig, wat onmiddellik van krag is. Die ondernemings sê in ‘n verklaring Van Dijk se bedanking was ‘n wedersydse ooreenkoms. Hy dien sedert 2014 as die uitvoerende hoof van Naspers en sedert 2019 as dié van Prosus. Hy sal egter as raadgewer dien tot 30 September 2024. Prosus se beleggingshoof, Ervin Tu, sal die tussentydse uitvoerende hoof wees.