Sekuriteit in die kollig op inligtingsdag

Die Sekuriteits-vereniging van Namibië gaan ‘n inligtingsdag aanbied waar bedryfsleiers, kundiges en belanghebbendes sal saamtrek. Die inligtingsessie vind plaas op Ongwediva op 21 September 2023 vanaf half-agt die oggend. Hierdie geleentheid is daarop gemik om samewerking te bevorder en die sekuriteitslandskap in Namibië te versterk. Die kantoor-administrateur van die vereniging, Celeste Lucas, het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik wat hulle met die vergadering wil bereik.