Veediefstal: Onbegaanbare, poreuse grens is uitdaging in Zambezi
Veediefstal is steeds ‘n groot probleem in die Zambezi-streek, alhoewel die veiligheidsituasie in die streek na berigte verbeter het. Die goewerneur van die streek, Lawrence Sampofu, sê die oortreders beweeg meestal heen-en-weer oor die grens met Zambië. Omdat die streek lang grenslyne het en ook aan die Zambezi rivier grens, is dit moeilik vir die polisie, wat onderbeman is, om die grens te bewaak. Nampol en die Zambiese polisie werk egter hand aan hand om die probleem te probeer hokslaan, het Sampofu aan Kosmos 94.1 Nuus gesê: