Ling gesels met skaap-produsente oor Farmers Meat
Na aanleiding van die brief deur Hartlief se besturende direkteur Günther Ling, wat ‘n tydelike uitstel van skaapverkryging vir internasionale uitvoere by Farmers Meat naby Mariental aangekondig het, het Ling Vrydag die produsente op Mariental toegespreek. In sy brief het Ling gesê verkryging sal fokus op plaaslike en streeksmarkte om aan die ouditvereistes te voldoen. Hy het bygeveog dat produsente oor die proses vir die volgende maande, tot en met Desember vanjaar, ingelig sal word. Ling het met Kosmos 94.1 Nuus oor die vergadering gesels.