G7 sal verbod op Russiese diamante plaas

G7-lande sal na verwagting binne die volgende twee tot drie weke ‘n invoerverbod op Russiese diamante aankondig. Belgiese amptenare sê dit is in ‘n poging om die druk op Rusland se vermoë om die oorlog in die Oekraïne te finansier, te verskerp. Die plan kan die wêreldwye diamantverskaffingsketting transformeer, maar implementering sal sterk afhang van Indië, wie se diamantbedryf miljoene mense in diens het wat 90 persent van die wêreld se diamante sny en poleer. Die beplande verbod sal op 1 Januarie in werking tree.