Proteas is sonder Bavuma, Nortjé
Die Proteas sal vandag sonder kaptein, Temba Bavuma, en snelbouler, Anrich Nortjé, moet klaarkom in vandag se vierde Internasionale Eendagwedstryd teen Australië op SuperSport-park in Centurion. Bavuma het ʼn lastigheid met sy lies en Aiden Markram neem die kapteinskap oor, terwyl Nortjé uit die laaste twee wedstryde onttrek het weens ʼn probleem met sy lae-rug. Draaibouler, Keshav Maharaj, sê die reeks is ʼn goeie toets vir die diepte in die groep, voor die Wêreldbeker: