Cele tevrede met sekuriteit in aanloop tot Buthelezi-begrafnis

Die buurland se polisieminister, Bheki Cele, sê hy is tevrede met die stand van gereedheid in aanloop tot prins Mangosuthu Buthelezi se begrafnis wat môre plaasvind. Die minister en IVP-lede het ‘n inspeksie gedoen by die streek-sportsentrum in Ulundi, KwaZulu-Natal, wat na Buthelezi vernoem is en waar die begrafnis gehou word. Talle hooggeplaastes soos president Cyril Ramaphosa en die voormalige Nigeriese president, Olusegun Obasanjo, sal na verwagting teenwoordig wees. Cele sê daar is geen vrese oor die sekuriteit nie: