Een ambulans vir hele Epikuro
Plaaslike media berig dat die Epikuro-kiesafdeling met 52 nedersettings en 7 500 inwoners, net een ambulans het. Die goewerneur Pijoo Nganate het die stand van sake betreur en sê die kliniek is 250 kilometer ver en so ook ander nedersettings. Die ambulans is deur die Catherin Bullen-stigting geskenk. Volgens wat berig word, sal die lynministerie gemeenskappe met hoër getalle inwoners van ambulanse voorsien en inwoners en streeksleiers meen die sensus sal help om die stand van sake reg te stel. Epikuro, in die Omaheke-streek maak staat op boerdery en het ook uitdagings met toegang tot veilige water, sanitasie en voldoende mediese sorg.