Recon ontleed steeds data, beplan nog boorwerk

ReconAfrica het in Julie sy omgewingsklaringsertifikaat van die kantoor van die omgewingskommissaris by die omgewingsministerie ontvang om ‘n bykomende 12 eksplorasie- en keuringsputte, tot onbeperkte dieptes, in die Kavangokom te boor. ReconAfrica het voorheen bewerings ontken dat hy bedrywighede in die Kavango-kom gestaak het en dat talle personeel reeds die gebied verlaat het. Die maatskappy is tans in die data-ontledingsfase, wat as kantoorwerk beskryf word, en daarom is daar minder bedrywighede in die veld. Kosmos 94.1 Nuus het met ReconAfrica se woordvoerder Ndapewoshali Shapwanale gesels, wat gedeel het waar hulle tans staan met ontledings.