Geen afdankings om diensbillikheid te behaal – departement

Die Departement van Indiensneming en Arbeid en die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie het aangekondig dat werknemers nie afgelê of afgedank sal word as ‘n manier om teikens vir Diensbillikheid te haal nie. Die aankondiging is in Kaapstad gedoen by die afgehandelde promosietoer oor Nasionale Dienssbillikheid vir 2023. Die woordvoerder van die Departement van Arbeid, Teboho Thejane, sê die primêre fokus van hierdie promosietoer was om bewustheid te skep oor die onlangse wysigings ten opsigte van Diensbillikheid, om gelyke geleenthede en billike behandeling met indiensneming te bevorder.