Fase ses-beurtkrag net ‘n korttermyn ding

Die kabinet verseker Suid-Afrikaners die huidige verhoogde beurtkrag is ‘n korttermynfase, met Eskom wat voorberei vir verbeterde en verminderde fases in die nabye toekoms. Dit volg nadat Eskom se intensiewe instandhoudingsprogram gelei het tot ‘n styging in fases beurtkrag, insluitend onverwagte fase ses. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, bly daartoe verbind om gereeld verslag te doen oor pogings om die uitdagings met elektrisiteit die hoof te bied en uiteindelik die kragonderbrekings uit te skakel: