WhatsApp oor nommerplaat-kaping is nie korrek nieSeptember 14, 2023
Die Namibiese polisie sê die WhatsApp-boodskap wat op die oomblik die rondes doen en melding maak van nommerplate wat gesteel word en die voertuig wat dan later gekaap word, is onwaar. Inspekteur Raimbert Muronga verduidelik.
Muronga sê daar was wel ‘n insident op die Gross Barmen-pad maar dit het nie die nommerplaat ingesluit nie.