SAKP looi Enoch vir sy kritiek oor gesondheidsversekering

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party het die minister van finansies, Enoch Godongwana, gekritiseer vir sy openlike afkeer van die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering. Godongwana se standpunt dui op ‘n voorkeur vir belegging in staatsbeheerde hospitale en infrastruktuur vir gesondheidsorg in plaas van die instelling van die versekering. Die party beskryf die minister se opmerkings as onvanpas en vra dat hy voor stok gekry word oor sy uitsprake. Woordvoerder Alex Mashilo vra die maksimum steun vir die wetsontwerp: