Kenner sê oor krokodil-konflik in noordooste

Krokodilaanvalle op mense en vee bly steeds ‘n probleem in die noordoostelike streke van Kavango-Wes, Kavango-Oos en Zambezi. Die omgewingsministerie het onlangs 40 krokodille te koop aangebied in ‘n poging om die voortdurende probleem aan te spreek. Daar is sommige menings dat nedersettings by die riviere bronne geplunder het wat krokodille geen ander opsie bied nie en ook, dat mense nie op let as hulle by die water is nie. Professor Morgan Hauptfleisch, die hoof van Nust se Biodiversiteit Navorsingsentrum het sy mening so verwoord.