91 SA spelers in veiling vir IPL

Krieket: Suid-Afrika is die land met die tweede meeste aantal spelers in die veiling vir volgende jaar se Indiese Premierliga. Indië het 1 165 spelers geregistreer en Suid-Afrika 91. Onder die beskikbare Suid-Afrikaners is Quinton de Kock, Faf du Plessis en Aiden Markram. ʼn Verrassende weglating tussen die een-duisend-574 name is die Engelse kaptein, Ben Stokes. Die IPL gaan die lys verkort nadat hy oorleg geplee het met die tien klubs. Die veiling vind later die maand in Djedda, Saoedi-Arabië, plaas.