84% van VN se vredesmagte in Afrika ontplooi
Ten spyte van die Verenigde Nasies se ongetwyfelde vredesbewaringsuksesse oor die afgelope 75 jaar, sal baie lande wat deur konflik geteister word, nie finaal kan afskeid neem van wapens nie. Dit is volgens Professor Adekeye Adebajo van die Universiteit van Pretoria se Sentrum vir die Bevordering van Vakgeleerdheid. Hierdie maand is die 75ste herdenking van die ontstaan van die VN-vredesbewaring. Adebajo sê die helfte van die VN-sendings ná die Koue Oorlog was in Afrika, terwyl 84 persent van sy 87 000 vredesmagte tans op die vasteland ontplooi is.