81% van kiesers geregistreer
Die registrasieproses vir die November-verkiesing toon weereens dat Namibiërs daarvan hou om tot op die laaste te wag. Die Namibiese Verkiesingskommissie sê net meer as 1,3 miljoen stemgeregtigde kiesers is tot en met 27 Julie geregistreer. Dit verteenwoordig 81 persent. Volgens die kommissie het net minder as 27 000 kiesers per dag landwyd geregistreer. Die registrasieproses sluit op 1 Augustus af.