8% van Brasilië se graslande is ontbos

Ontbossing in Basilië se Cerrado het verlede jaar tot die hoogste vlak sedert 2015 gestyg. Dit het wetenskaplikes kommer laat uitspreek oor die wêreld se spesie-rykste savanna gebied. Dit word beskryf as ‘n belangrike koolstof-verbruiker wat help om klimaatsverandering af te weer. Daar word berig die Cerrado, een van die wêreld se grootste grasvlaktes wat oor verskeie Brasiliaanse state strek, ly onder die uitwissing van sy bome. Die ontbossing het in 12 maande met 8 persent toegeneem, wat beteken die land het ‘n koolstofryke gebied van 783 vierkante kilometer verloor.