8 Israelse soldate dood in Gaza

Die Israelse weermag het bevestig agt soldate het in die suide van Gaza gesterf in die dodelikste aanval op sy magte in maande. Volgens Associated Press kan dié sterftes oproepe vir ‘n skietstaking versterk en Israeliese woede oor die vrystelling van ultra-Ortodokse Jode van militêre diens aanwakker. Een-en-twintig Israeliese troepe is in Januarie in aanvalle deur militante dood. Palestynse gesondheidsamptenare sê Israeliese bomaanvalle en sy grond-offensief in Gaza het meer as 37 000 Palestyne gedood, maar hulle maak nie ‘n onderskeid tussen burgers en vegters nie.