8 dood, 17 beseer in mesaanval by Chinese kollege
Agt mense is dood en 17 ander beseer na ‘n 21-jarige oudstudent by ‘n kollege in die Chinese stad Wuxi hulle Saterdagaand met ‘n mes aangeval het. Die mesaanval het by die Wuxi Beroepskollege vir Kuns en Tegnologie plaasgevind. Die 21-jarige verdagte, genaamd Xu, is op die toneel aangekeer. Plaaslike polisie het gesê Xu het sy eksamens gedruip en kon nie gradueer nie, en was ontevrede met sy betaling by ‘n internskap. Volgens voorlopige ondersoeke het hy sy frustrasies uitgehaal deur mense aan te val.