783 miljoen ly honger, 1 miljard maaltye daagliks vermors

Meer as ʼn miljard maaltye word daagliks wêreldwyd vermors terwyl 783 miljoen mense honger ly. Dit is volgens ʼn verslag van die Verenigde Nasies se Omgewingsprogram. Die program se 2024-verslag oor voedselvermorsing het bevind 60 persent is in 2022 op huishoudelike vlak vermors, 28 persent deur voedseldienste en 12 persent in die kleinhandel. Die VN-omgewingsprogram se uitvoerende direkteur, Inger Andersen, sê die mors van kos is ʼn globale tragedie wat onmiddellik moet aandag kry.