780 miljoen mense lei honger, en 1,5 miljoen van hulle is in NamibiëJuly 17, 2023
In ‘n wêreld van oorvloed moet niemand honger ly of aan die wreedheid van wanvoeding ly nie. Dit is die mening van die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies Antonio Guterres. Voedselsekerheid is die afgelope paar dae in die nuus met die jongste VN-verslag wat vrygestel is. Dit toon dat 780 miljoen mense wêreldwyd nie genoeg het om te eet nie en 1,5 miljoen van hulle is in Namibië. Guterres sê veerkragtigheid is van kritieke belang.