75 dood in Mali-aanval

Die regering van Mali het drie dae van rou afgekondig nadat Islamitiese soldate ‘n weermagbasis en passasiersboot op die Niger-rivier aangeval het. Minstens 49 burgerlikes en 15 weermagsoldate is dood. Die land word sedert 2020 deur ‘n militêre junta regeer. Die regering sê die ekstremistiese Islamitiese rebellegroep, JNIM, het aanspreeklikheid vir die aanval aanvaar. Dit is ‘n koalisie van gewapende groepe wat bande met Al Kaïda het. Die dodelike aanvalle kom te midde van die Verenigde Nasies se voorbereiding om sy vredesmagsending, Minusma wat 17 000 sterk is, op die regering se versoek aan Mali te onttrek.