74 dood in Nigerië, boere baklei

Minstens 74 mense is dié week dood in twee afsonderlike aanvalle in die Benue staat in Nigerië. Die jongste botsings was in ‘n gebied waar geweld tussen vee- en ander boere algemeen voorkom. Geweld het die afgelope paar jaar toegeneem met bevolkingsgroei wat lei tot ‘n uitbreiding van die gebied wat uitgesit is vir boerdery, wat minder grond beskikbaar laat vir weiding vir trekboere se vee. Die polisie in Benue sê 28 liggame is aangetref by ‘n kamp vir mense wat intern verskuif is in Mgban, waar die gewapende aanvallers aangekom en verskeie mense doodgeskiet het. Dit het gevolg op ‘n afsonderlike voorval in dieselfde staat Woensdag, toe vermeende veewagters dorpsbewoners vermoor het.