68 migrante deur passasierskip gered

’n Passasierskip het 68 migrante gered en vyf liggame gevind in ’n tradisionele vissersboot wat van die Kanariese Eilande in die Atlantiese Oseaan weggedryf het. Spanje se maritieme reddingsagentskap sê ‘n olietenkskip wat van Noordwes-Spanje na Brasilië gevaar het, het Woensdagmiddag die boot opgemerk sowat 815 kilometer suid van Tenerife. Spaanse owerhede het die Insignia, ‘n ander vaartuig, herlei om die migrante te red.