6,3m mense in Burkina Faso het hulp nodig

Burkina Faso staar ‘n ongekende humanitêre krisis in die gesig en het ‘n gebrek aan middele om dit op te los. Die woordvoerder van die VN-hoof Stéphane Dujarric het ’n beroep op lidlande gedoen om finansiering te verskaf. Meer as 6,3 miljoen mense het dringend humanitêre hulp nodig. Gewapende terreurgroepe belemmer humanitêre toegang in baie plekke regoor die land en boonop worstel die Sahel-streek met droogteverwante kwessies.