61 dood in vlugramp in Brasilië

Braslilië se president, Luiz Inácio Lula da Silva het ‘n minuut se stilte gehou by ‘n byeenkoms waar hy gepraat het, na die nuus dat ‘n vliegtuig met 57 passasiers en vier bemanningslede aan boord, in die staat Sao Paulo neergestort het. Die tweemotorige turbo-prop vliegtuig was van die suide van Brasilië na die hooflughawe in die stad Sau Paulo onderweg toe dit in die dorp Vinhedo neergestort het. Lula da Silva het sy meegevoel met die familie en vriende van die slagoffers betuig.