60% van Soweto se inwoners betaal nie krag nie

Eskom het bevestig slegs sowat 40 persent van Soweto-inwoners koop en betaal vir krag. Die kragverskaffer sê hy het meer as 173 000 kliënte in Soweto, waarvan 85 000 zero-kopers is. Die Gauteng-woordvoerder van Eskom, Amanda Qithi, het sê die feit dat so baie inwoners nie krag koop of daarvoor betaal nie, het ‘n negatiewe uitwerking op die netwerk en kliënte wat wel betaal, ly daaronder: