60% van Afrika se jeug wil weens korrupsie emigreer

Sestig-persent van Afrika se jeug dink daaraan om hulle lande van oorsprong te verlaat want ongebreidelde korrupsie bedreig hulle toekoms. Dit blyk uit ‘n peiling van meer as 5 600 jeugdiges in 16 lande. Korrupsie word beskou as die enkel grootste hindernis waarmee hulle te doen het om hulle potensiaal te bereik en ‘n beter lewe te hê. Die Ichikowitz-familiestigting in Johannesburg het die peiling onder mense tussen 18 en 24 gedoen. Die 2024 Afrika-jeugpeiling is deur een-tot-een onderhoude in Januarie en Februarie gedoen in lande wat strek van Suid-Afrika tot Ethiopië.