6 Soweto-kinders dood van organofosfaat-chemikalie Terbufos

Die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, het aangekondig ‘n toksikologieverslag het bevestig ‘n organofosfaat-chemikalie, Terbufos, het die dood van ses kinders in Naledi, Soweto, veroorsaak. Die leerders het vroeër die maand siek geword nadat hulle versnaperings geëet het wat by ‘n plaaslike spaza-winkel gekoop is. Motsoaledi sê lykskouings-monsters het bevestig die chemikalie is in die kos gevind. Hy sê in hierdie stadium is daar geen vasgestelde verbintenis met die winkel nie, terwyl verdere ontleding aan die gang is: